Net gou iets oor iemand spesiaal.

En ‘n hartseer storie ook. Haar naam was Anastasia. Of ek het haar geken by daai naam, ek dink baie het. Maar dis waar die sadness ingekom het. Sy word nou Saterdag begrawe. Sy is in die week oorlede.

Sy het my lewe seker so ses of sewe jaar terug gekruis. Het bietjie tyd saam haar spandeer. Twee keer om presies te wees. Altyd daarna gehoop om dit weer te doen. Kort kort nommer gevat en belowe ons sal mekaar Whatsapp of bel. Van altwee kante af. Maar nooit gebeur nie.

So spyt nou ek het nooit plan gemaak nie. Sy was ‘n mooi meisie. ‘n Mooi vrou sal ek eerder sê. Maar tyd vlieg so, en elke dag wil jy bel of boodskap stuur, maar kom die aand het jy niks gedoen nie. Dan raak dit weke en maande soos die storie loop.

Waar die hartseer retig inkom is Elaine vertel my van die vrou wat so siek is en langs haar suster in die hospitaal lê. Malex se vriendin sê sy die hele tyd, jy sal haar ken. Pleks sê sy my net dis Anastasia. Ek wil nie nou skryf dat ek sou gaan kuier het nie, maar wie weet, dalk het ek sleg genoeg gevoel en tog net gaan hello sê in die hospitaal.

Nou is sy dood. Kos Anita om my ‘n foto te wys. Nog ‘n rede is, ek het nie geweet sy is siek nie. Ek het dit nie verwag nie. Eish ek voel so sleg. Ek voel so hartseer.

Ek het vandag saam met Anita gaan blomme koop. Ek het paar rand bygesit by Anita sodat sy darem ‘n ordentlike ruiker kon koop. Ek hoop nie ek het haar plan ge-hijack nie.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *