Laat ek bietjie skryf, voor Oktober ook sy gat sien. Het ‘n paart dinge om te doen, of uit te sort voor die jaar om is. Eerste dinge eerste, ek moet hierdie knieg van my reg kry. Dan moer ek aan die app begin werk, downloads kry.
Maar op die stadium is die belangrikste: ek moet weer aan die gang kom om tutorials te doen. Dis amper die belangrikste wat ek kan doen. Ek sal moet my oorfone aansit en weer van voor af begin. Dit gaan my uit hierdie down kry, vir ‘n start.
Om terug te kom by die knieg. Net een aand begin seer word. Nie geval of geswik nie, net seer geword, en dis nou al vir ek dink vier weke. My laat besluit om ‘n tipe van ‘n mediese versekering te kry soos hulle dit noem. Nie vonds nie, versekering. As ek dit gehaad het, het ek lankal by die dokter uitgekom. Nou was ek nog nie eers daar nie, maar ek het al amper duisend rand aan pille en salf spandeer.
Kom ek kyk of ek kan aangaan tot elf uur met ‘n tutorial. Dan gaan slaap. Net aan die gang kom. Net ‘n bietjie. Ek het nou die oorfone, so kom and die gang. Werk elke aand tot elf uur, of tot half twaalf. Dit sal jou uit die put uit kry, ek is seker dit is die probleem.