Maar net dankie sê.

Wat kan ek anders met die eerste inskrywing doen as om dankie te sê. Dankie dat die rekenaar nie geslaan is nie, dankie dat die yskaste nie geslaan is nie. Net die televisie, die decoder en modum is getref. Dit kon erger gewees het.

Die weerlig het die palmbome langs die woonstelle geslaan die ander dag, laas Donderdag om presies te wees. Die plug by die televisie en alles wat daarop gekoppel was is moer toe, of nie alles nie. Die ou rekenaar, wat ook ingeplug was is nog reg. In dieselfde prop. Die Here is goed.

En ek koop toe ‘n modum, maar kry hom nie ingestel nie. Vandag vat ek hom toe terug waar ek hom gekoop het, en vra Alex om dit vir my te doen, en vanaand toe ek by die huis kom, plug ek hom toe in, en daar is hy reg. Nodeloos om te sê ek het op pad gebid dat dit moet reg wees. Of Woord gespreek. Maar dit het gewerk.

Ander dinge het ook mooi geloop vandag. Was bo by knopkop vandag. Hy kon my vir ander redes geroep het, maar daar het ek ook Woord gespreek.

Published by

carelkat

Is maar net ek, Carel Venter. Skryf maar net so nou en dan, en meer. Skryf maar net oor alles in my lewe. Op die stadium nie veel nie. Grootste ding in my lewe nou is my app wat ek gebou het, en nou hoop om te bemark.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *