Twee dae om myself reg te kry.

Ja ek het twee dae om myself reg te kry om Leah te sê ek stel nie meer belang nie. Twee dae, môre aand as ek haar goed vat, moet ek haar vertel hoe die dinge staan. Ek stel net nie nou belang in ‘n verhouding nie.

En om meer presies te wees, nie met haar nie. Maar om eerlik te wees, nie met enige iemand anders op die stadium nie. Nie die tipe wat hulle soek nie. Dis nou verhouding, nie die tipe verhouding wat hulle soek nie, en nie wat ek soek nie.

Al wat ek weet is dat ek vir haar môre aand moet sê. Ek dit nie langer aan my doen nie, en ek gaan dit nie langer aan haar doen nie. Dit fok my hele lewe op. Ek het net nie die hart om vir haar te sê nie. Ek sal dit net moet doen.

Ek sien die ou praat vanaand. Eish, kom ons hoop maar hy hou ons toe, net vir nog twee weke. Ek kan maar seker hier sê: “Asseblief Here, laat ons nie oopmaak nie.” Wou dit amper nie skryf nie, maar toe dog ek, hoekom nie, ek vra dit tog. Asseblief Here laat ons nie oopmaak nie.

En asseblief Here gee my die krag om met Leah te praat. Ek soek haar nie. Sy is nie my cup of tea nie. Dis die belangrikste ding wat ek nou in my lewe kan doen, dit is die grootste ding wat ek moet doen, vir die volgende dag groter as die app. Dit consume my hele lewe.

Leave a Comment