So ietsie vir Augustus, net voor dit te laat is.

So hierdie maand is ook amper in sy moer in. En die dinge gebeur, maar niks met my nie. En ek doen ook niks nie, so daaar is niemand om eintlik te blameer behalwe ek nie. So wat het gebeur?

Wel Johannah Phuti is geskiet. Iemand het haar in haar heup geskiet. Wie weet ons nie, want sy vertel almal ‘n ander storie. Ek dink dis daai clown van ‘n boyfriend wat sy nou het, daat een met die swart GTI. Sy vertel my dis ‘n vorige een, dis nou boyfriend, maar ek glo nie daai kak nie. Hoe dit ook al sy, sy is afgebook tot die sesde van volgende maand.

Ek het vandag stock gevat. Alles het mooi geloop, soos die visioen voorspel(??) het. Of is dit soos die visioen gesê het. Ek dink dit die laaste een, die visioen voorspel nie, dit sê my nog altyd wat gaan gebeur. Maar hoe kan ek dit uitbrei? Hoe kan ek meer sien as net mense wat by my gaan geld leen? Of mense wat ek gaan sien. Daar moet ‘n manier wees. Ek sal deur God geleer moet word.

Leave a Comment