Saterdag af, nog in lockdown.

En hopelik bly ons in lockdown. Ek het my redes. Miskien omdat ek so gatvol is vir Tops. Dalk is daar nog ‘n ander rede, sal ander dag meer daaroor sĂȘ. Of een van die redes kan jy dalk op ‘n ander plek lees. Hier moet ‘n smiley kom.

Ek sal op ‘n manier moet my – dinge om te doen – lysie moet uitsort, eens en vir altyd, en nie weer terug gaan daarop nie. Bly dan daarby. Jy mind is so geclutter dis net nie waar nie. Dit kan jou probleem wees, alles is net te deurmekaar, en maak jou onseker, en jy is so onseker dis net niemand se besigheid nie.

So hoe gaan jy jou lysie maak? Wat het gewerk in die verlede en wat het nie? Ek hou daarvan om dit op papier te doen. Ek hou nie van selfoon apps en allerhande due dates en so nie. Ek hou van dit op papier. En met potlood geskryf. Dit is wat ek gaan doen.

Leave a Comment