Ons is toe toegemaak.

Ja hy het ons toe toegemaak. En nou werk ek weer in die SPAR. Al klaar twee naweke toegesluit. Hopelik af van Donderdag af tot Sondag. Dan sal ons weer kyk hoe lyk dit. Ek glo nie ons gaan Maandag opmaak nie.

Dit gaan my vier dae gee om daai app so te bou dat ek kan begin geld maak uit hom uit. Ek sal net moet. Ek het ‘n ander plan in my kop begin kry, maar dit sal kos dat ons lank in lockdown moet wees.

Ek wens ek kan net weet hoekom die fok bou ek nie. Hoekom doen ek nie my app nie. Hoekom doen ek nie bushveldgolf.co.za of jowi.co.za nie. Kan bid, Here asseblief help. Ek moet bang wees vir iets, dis hoekom. Maar waarvoor?

Ek dink dit is omdat ek nie weet wat om te doen nie. Hoe gaan ek my pad duidelik maak. Iets sĂȘ die laaste paar dae vir my oor die ding wat ek by Dr. Karin gehoor het, die ding van wat werk, en wat werk nie.

Leave a Comment