Ek is amper onder tagtig kilogram, hoort dit Saterdag te bereik. Dan gaan ek onder sewe duisend kilojoules eet per dag, maar dit alles los vir die aand.
Ek hoop daai is die regte woord, kilojoules, of is dit calories. Ek dink dit is kilojoules. So ek gaan niks in die dag eet nie, en dit dan in die aand los vir wat ek wil. Of ek gaan nog steeds vas, maar net twee dae per week. Sal maar sien.
Wat gaan ek doen met Leah Koketso? Sy is nie my cup of tea nie. Sy het nog nie een keer vandag sy hier begin kuier het, die plek skoon gemaak nie. Nie een keer nie. Ja, ek dink sy is lui. Sy brand my potte in hulle moere in. En dan los sy dit vir my om te was. Sy het geen respek vir my geld nie. Nee ek soek haar nie.