Klomp dinge.

Hier kom ‘n klomp dinge, of dalk ‘n klomp inskrywings. Weet nie waar om te begin nie. Dalk oor vanoggend se Woord, of dalk oor knopkop en sy laaitie. Of dalk oor Leah en Lulu. Maar daar is baie te sê.

Eerste dinge eerste. Ek sal moet ‘n webwerf begin vir Dopshop Promotions. Ek sal moet kyk of ek Demo Order App se site wil gebruik, of wil ek hom toemaak. Ek sal daai tjommie van Sipho gebruik om vir my ‘n paar video’s te maak om op die site te sit. Sal hom verseker moet gebruik. Die outjie is nogal goed.

Eintlik moet hierdie op ‘n inskrywing van sy eie kom, dis nou wat ek bo geskryf het. Een ding wat ek nie op sy eie gaan gooi nie is knopkop. Wat ‘n ou fokken kont is hy nie. Ek lag skoon as ek dit skryf. Wat ‘n ou fokken kont is hy nie. Jy sal hom net mooi niks vertel nie. Hy weet net mooi alles. Hy sit daar bo in sy kantoortjie en jy kom op na hom toe asof jy die dom poes is wat die groot retailer kom vra. Dan andwoord hy jou asof hy god’s gift to retailing is.

En sy nuutste ding is “jy sal nie so met my praat nie”. Sy gat man. Ek sal jou sê wat ek wil. Knopkop soos oom Japie hom genoem het. En deesdae klim sy seuntjie op ook op die bandwagon met alles. Hy lyk my weet net so baie, of dink hy. Hier is my plan.

Van nou af werk ek net tot vyf uur aan sy goed. Van vyf tot sewe werk ek aan my eie goed. Leer Noord Sotho en wees op Twitter. Ek doen dit in elk geval, gaan van nou af net meer produktief wees. Sy gat, hy betaal my heeltemal te min om tot sewe vir hom te werk. Ek sal daar wees vir hom, maar nie ‘n moer werk nie. Kry jou dinge reg dat jy vyf uur die middag kan tjaila.

Tweede plan is ek gaan kyk hoe lank ek uit sy kantoor uit kan bly. Mail hom alles wat ek hom wil sê. En doen jou promosies self, kyk hoe lank voor jy hom vra vir iets. Net nog ‘n plan.

Verder is daar nie veel wat betref die werk nie. Die app loop mooi. Baie mooi, ek sal net volgende keer as daar so klomp promosies aan is, meer daarvan moet gebruik maak. Ek sal ook moet plan maak om downloads te kry. Baie meer, ek moet dit my mikpunt maak om by ‘n duisend uit te kom.

Gaan die app een van die dae vir drie miljoen verkoop. Ek spreek dit uit. Aan die ouens wat die screens in die winkels het. Seker daarvan. Hulle sal nie my idee steel nie, want oor die grondgebied van die regverdige sal die godelose nie die mag kry nie. Nie dat hulle godeloos is nie, maar dit staan so in die Bybel.

Leave a Comment