Ek gaan die Tops app bou op die konsep van Dopshop Promotions en hom opsit. Dan gaan ek vir Fred bel en sê hy moet kyk. En ook dalk vir Amber. Al wat hulle vir my kan sê is om die ding af te haal.
Screenshots werk net nie. Jy kry net nie die gevoel van die goed nie. As dit werk by Tops kan ek dit oorweeg met Overland ook. As ek mooi loop met Tops kan ek hulle vra om vir my te betaal om hulle deel te brand en dit bo te sit met Dopshop Promotions. Hopelik kry ek die Tops een aan hulle verkoop, en kry geld uit die Dopshop Promotions uit.
Ek moet net doen doen doen. Eintlik ‘n pyn in die gat wees as dit kom met sulke dinge. Gaan net aan. Hoe persistent is jy? Ek is nie baie. Ek moet meer wees. Ek het myself al gesê om nie nee vir ‘n andwoord te vat nie, ten minste nie die eerste keer nie.