Dit was vandag dag drie wat ek nie êrens heen gegaan het nie. Of is die regte woorde date ek nêrens heen gegaan het nie. Ney hier by die huis. Maar die tyd vlieg darem. Net so en die dag is om.
Veral as jy nou nog tot tien uur die oggend lê en slaap. Maar môre moet anders, kan nie vanaand tot na twaalf sit en flieks kyk nie. Sal so teen elf uur al in die bed moet wees. Dan miskien weer in die roetine kom eers bietjie boek te lees.
Gaan nou gou vir my die aanbrandsel van my krummelpap in ‘n bordjie gooi met bietjie melk en suiker. En ek sal nie die botter vergeet nie. Sit in ‘n bordjie met bietjie botter en suiker op, in die mikrogolfoond vir so minuut en dan bietjie melk oor. Heerlik. Miskien moet ek ‘n prentjie post.
Baie gedoen vandag. Potte of sakke reg gekry vir plant môre. Klere gewas. Treadmill skoon gemaak, laaste episodes van Big Bang Theory gekry, wat ek gaan gebruik vir die loop. Ek hoop net ek kan begin om aan iets te werk as dit kom met die app. Sal net moet iets kry om twintig duisend per maand te maak.
Ek dink as ek môre die Order App konsep kan oorgooi na Firebase toe sal ek groot vordering gemaak het. Baie. Ek sal ook moet begin kyk na hoe ek dink. Om twintig duisend per maand te maak moet nie die begin wees nie. Bietjie bietjie moet die begin wees.
Ek sal moet vroeg opstaan om Woord te spreek. Die regte Woord. Woord wat wysheid gee. Ek gaan nou juis die laaste deel van die aand spandeer met bietjie rooibostee cappuccino om my tot bedtoe te vat. Ek het een gaan haal om te kyk hoe spel jy dit.