Eerste dag van afsondering.

So die lockdown het begin. Niemand uit hulle huise uit nie. Ek ook nog nie, sal seker volgende week bietjie Warmbad toe gaan, maar hoop om net weg te bly daar.

Ek het twee dae, vanaand nie ingesluit om al my kak op te eet, en dan van Maandag of onder ses duisend kilojoules te eet. Maar om die waarheid te sĂȘ, ek is nog nie eers seker of ek daai pad wil loop nie. Ek dink nog. Een ding is verseker, ek verloor dertig kilogram in die volgende vier maande.

Sien, die ding met die low carb goed is, ek het al gesien, ek hou nie daarby nie. Ek doen vir max vier weke. Wat ek wel gesien het wat werk, is vas. As ek terug is by die werk kan ek maklik vir twee dae aaneen vas. So ek dink ek gaan sommer al drie inpas. Ek sal dit uitsort.

Dit is moeilik om myself voor te stel met dertig kilogram weg. Waar gaan ek dit verloor? Maar ek dink ek gaan net beter lyk so. Ek dink ek moet myself hard stamp tot op tagtig, of dalk twee en tagtig, en dan tel ek die kilojoules tot op ses en sestig. Ek dink net so.

Ek is besig om my stoompot uit te toets. Maak my ma se tenderised steak en aartappels. Ek het nie wit rys nie, maar ek het ‘n bruin basmati rys wat ek gekoop het ‘n rukkie terug. Ek hoop dit werk lekker uit. Wag nou net vir die alarn om te skree, dan gaan kyk ek.

Kom ons hoop maar hierdie Covid-19 storie werk nie te sleg uit nie. Vir die land en vir my en my familie. Ek is seker die Woord van plae en so wat my nie sal tref nie, sal waar word, en nie my en my familie tref nie. Ek bid dit. Of ek spreek dit uit.

Leave a Comment