Ja. Januarie is oormôre al halfpad. Wat wil ek die jaar doen, wat wil ek hê moet gebeur? Miskien “moet gebeur”, maar wat moet ek ook doen? Sal bietjie daarna kyk. Kom ek vertel eers bietjie wat by die werk gebeur het. Die SPAR het toe oop gemaak. Die 12de Desember om presies te wees. Makrus is bestuurder, maar Carel doen maar baie. Almal is nou op die oop en sluit rooster. Hoe lank dit gaan aanhou sal niemand weet nie. Miskien verbaas Carel my, en hou lank aan.
Dat daar groeipyne met die SPAR is, is verseker. Hulle het net baie van die verkeerde dinge gesny. En mense sê hulle is duur. Ek sê hulle is nie duur nie, hulle pakke vleis is net moer groot. Wat anders duur kan wees weet ek nie. Ek dink SPAR is oor die algemeen maar duur. Koop mos nou al lank my eie inkopies.
Anelle is daar, maar ek dink ook maar net om dat oom Wiehahn haar daar wil hê. Wat Lize en Carel se probleem is met haar weet ek nie, maar dat Markus haar gat toegestop het op ‘n lelike manier is verseker. Ek gaan probeer om haar by Tops in te kry.
Ek gaan verseker met Carel praat oor my ure. Ek sal net moet. Ek gaan nie ‘n moer weer die hele jaar toesluit nie. Dit is wat ek moet soek, geld om my oortyd te cover.
Hoe gaan ek inkomste kry om my oortyd te cover?