Ek sal meer moet doen met die Demo Order App sodat die mense hom sal vat. Ek moet nie opgee nie. Ek moet aanhou met die ding. Hy gaan werk. Wat het my laat lekker app bou in die aand? Wat was dit wat my laat aanhou en aanhou bou? Wat het my gemaak, al was ek hoe moeg, dat ek nie opgehou het nie? Ek moet dit weer ontdek.
Dan die tweede ding. Hoe gaan ek my tyd opdeel? Ek dink ek moet in die week app bou, dan oor naweke, Sondae, moet ek die kursus doen. Saterdae of Vrydae moet ek af vat. Ek moet een dag rus. Ek dink Saterdae, Vrydae kan ek miskien net die tutorials kyk wat ek moet doen vir Sondag.
Eet gaan ek so maak. Ek eet niks in die dag nie, en in die aand eet ek met matigheid wat ek wil. Eet ‘n ete van vleis en groente, en ietsie lekker daarna, al is dit roomys. Ek sal moet teen einde Januarie op my gewig wees om my maag te laat reg maak. As ek twee honderd gram ‘n dag kan verloor, dan sal ek tagtig wees kom einde Januarie.
Ek het nou net uitgewerk, ek moet drie honderd gram per dag verloor. In Januarie kan ek die soet ding skip, en dan net low carb gaan. Op Sondae kan ek ook die hele dag low carb gaan. Ek moet dit net doen.