Ek moet so begin optree.

Groot les geleer gister. Wys ‘n ou toe ‘n toffie terwyl ek ry. Hy draai toe om en vat my aan daaroor. Ek sê toe maar ek is sorry om die ding oor te kry. Maar dit is nie die punt nie, die punt is:Ek kan nie so optree nie. Dis tappets wat so optree. Dis gomgatte. Ek moet begin optree soos iemand wat handerd grand ‘n maand maak. Ek moet begin optree soos iemand wat ‘n app verkoop vir tagtig miljoen dollar. Soos iemand wat in meetings sit met Google.

Nie net dit nie, net die verkeerde ou, en ek word gemoer. En dit soek ek nie. Ek si te oud vir sulke kak. En wat as my kinders saam my in die kar is? Ek het ‘n mooi les daaruit geleer. Jy hou op met daai stront.

Het weer begin om die kursus van Sqli klaar te maak. Gaan dit app verander sodat reps dit ook kan gebruik. En dit ook in die Tops app gebruik.

Ook weet terug gegaan na die elke tweede dag vas vir ses en dertig uur. Dit werk. Vandag is juis ‘n vasdag. Nog net een ding doen dan kan ek gaan slaap. Môre weer lekker eet, stukkie rump en bietjie groente. Darem ook oor die roomys in die aand eet gekom. Glad nie so moeilik nie.

Leave a Comment