Hier volg die plan van aksie vir die volgende paar dae. Eerste dinge eerste, teen môre aand is die huis uitgesort. Soos ek laas gesê het, nie skoon nie, hy is skoon genoeg, hy is uitgesort. Tafels geskuif soos dit moet. Goed gebêre waar dit moet wees. Dit is nou die kombuis, sitkamer en jou kamer. Hoekom dit, sodat jy die clutter kan uitsort en God se stem kan hoor. Jy dwaal rond en weet nie waar heen nie. Soos baie gelees, beinvloed dit die manier hoe jy dink, en kan jy nie God se stem hoor nie, iets wat jy nog altyd kon doen.
Het nou weer my klein lessenaar in die kamer gesit, dis waar ek die Stem van God boek gaan sit. Klink snaaks, maar daar is so ‘n boek, en hy is bietjie afgeskeep die laaste ruk. Boek waar ek die drome in skryf, en eerste visioene in die oggend.
Het byvoorbeeld nou die aand gedroom hoe Carel al die mense moet laat gaan. Nou nie presies so gedroom nie, maar as ek aandag gegeee het, en God se stem kon hoor, kon ek die droom so uitlê. Het gedroom van iets wat amper heeltemal skoon gemaak word, uitgedra word sodat daar niks binne is nie.
Dan volgende, Maandag begin ek met ‘n vas. ‘n Drie dae lange vas. ‘n Vas om God se stem te hoor, en ‘n vas om op te hou met rook. En ‘n vas om gewig te verloor. Môre begin ek al om te sny op die koffie en kopseer pille, en carbs ook. Het die laaste paar dae nie te goed geëet nie. Maandag is dit net water en my asma pille. As ek ophou met rook, dan is die volgende vas skoon van dit ook.
Dan die laaste ding wat gebeur is al die boeke moet een word. Die doele boeke en die notaboeke moet een word. Te veel “to-do-lists”. Kry vir jou net een. Net een boek om jou doele in te skryf, en net een boek vir jou notas. En net een to-do-list. Sommer kak dat jy op elke tablet, elke selfoon en elke laptop ‘n nuwe to-do-list wil probeer. Kry vir jou een van elk en doen dit.
Dis dan nou eers dit. Hoop dit werk en ek kry die goed gedoen. Hoop die vas werk en ek kry dinge uitgesort. Sal dalk vanaand nog een post, maar hierdie sal vir eers die basics cover.