Besig, besig, besig.

Ek wens ek was, ek hou my besig, maar is nie regtig besig nie. Ek dwaal rond met baie om te doen, maar ek weet half nie waar om te begin nie. Een ding weet ek verseker, die clutter moet aandag kry, baie vinning. Clutter in mind, lewe en huis. Het dit al geskryf, en sal dit weer skryf, en sal volhou daarby. Huis is nie vuil nie, eintlik baie skoon, maar stront lê orals rond. Net goed wat ek kan weg gooi, maar nie doen nie. Goed wat ek moet file, maar nie doen nie. Goed wat ek moet gebruik, soos gloeilampe, maar nie doen nie. Dit het destyds gewerk, nou moet ek dit weer doen, ek moet my weggooi lysie maak, deur die lysie begin werk.

Plek vir plek, kas vir kas, laai vir laai. Gaan deur en moer weg. Maak ‘n boks ‘n dag, of elke tweede dag vol en gooi weg. Daai appelbokse staan nou al hoe lank daar, moes dit nog by die winkel gekry het voor hy afgebrand het. Gooi net so ‘n boks ‘n week weg. Dan is jy klaar.

Maak ook jou “To do” lysie. Dit het ook gewerk. Kry vir jou ‘n nuwe vyftig dinge om om die huis te doen. Voel snaaks om dit te skryf, om om. Maar dit is reg, om om die huis te doen. Tick hulle af, en begin ‘n nuwe een. Doen hom klaar. Maar miskien vir jou twee, een vir uitsort en skoon maak, en een vir dinge doen as dit kom met die site en geld maak. Een ding is verseker, hierdie mind moet skoon kom.

Leave a Comment