Ek pis van nou af buite.

Ek pis van nou af buite, op ou Dries se blomme. Klaar besluit. So ek maak net die houtdeur toe, en as ek wil pis gaan ek buitekant toe en pis op Dries se blomme. Voor ek gaan slaap sluit ek net die staaldeur. Gaan op my yskas met die white board marker ‘n reminder sit om seker te maak die deur is gesluit voor ek gaan slaap.

Gaan baie water spaar want ek hoef nie die toilet se druk elke keer nie. Ek dink dit is ‘n weldeurdagte besluit. Begin vanaand. Die enigste probleem is dat hy kan hoor ek gaan kort kort buitekant toe en begin onraad merk. Maar dit gaan deel van die sport wees. Ontken net alles.

Moet eerder op die badkamer se spieël dit skryf. Gaan dit sien voor ek gaan slaap. Nee dit gaan nie werk nie, want ek pis mos nou buite, so ek gaan  nie die spieël sien nie. Maar and die ander kant, as ek eers in die gewoonte is, gaan ek mos weet dis nou my laaste pis, en dan gaan ek sluit as ek klaar is.

Ek moet seker begin om die kont se vergewe oor wat hy aan my ma gedoen het. Hy met sy fokken voëls. Hy het homself baas van die plek geag, en op ‘n tyd toe my ma weg was, die reël ingebring van geen honde nie. En my ma wou so graag ‘n hondjie gehaad het. Moes tevrede wees met ‘n prent van ‘n hondjie teen die muur oor die kont, en die poes langsaan (wat nou weg is) se voeltjies. Fok hulle.

Ja ek sal hom vergewe, maar ek gaan eers sy tuin vrot pis.

Leave a Comment