Want wa….want wa wat?

Sien ek het vorige inskrywing so afgesluit, hy eindig net op “….,want wa”. Ek dink ek wou sê “want wat sê ek vir haar.” Ek dink so, want dit is die redelike argument wat ek het niks om vir haar te sê nie sal nie in haar te wil vasloop nie.  Dit nou daar gelos. Ek is bietjie af vandag, en het weer lekker in my geel boek geskryf. Sal moet terug kom in die roetine om weer in die oggend my drome neer te skryf en bietjie Woord te vat. En ook Woord te kry vir die dag. Dit help, maak mens beter voel, en gee wysheid vir die dag.

Van wysheid gepraat. Julle (of dan jy) kan sê wat julle (of dan jy) wil, ek glo dat wysheid, en sommer alledaagse kennis hoe om ‘n ding te doen, kom van God af. Ek voel en beleef dit elke dag, veral as dit by die app kom.

Leave a Comment