My Sondag. O my Sondag.

Ja my liewe Sondag, regtig my gunsteling dag van die week. Dit is nou regtig die dag wat ek chill. En chill ek nie. Gaan altyd mall toe, en het in die laaste tyd begin om ‘n vleisie te braai. Sit ook eers laat die rekenaar aan.

In die oggend is dit bietjie laat slaap, nie te laat nie, maar laat op my standaarde. Dan lekker koffie, en dan dorp toe gaan. Al kort ek regtig niks nie, koop at least ‘n bottel water. Hou daarvan om mall toe te gaan. Dis my uitkom. Dis my mense kyk.

Van die mall gepraat. Dimitri se broer, Thomas het nou sy Chip Inn daar ook oopgemaak. Bietjie my kaarte deurmekaar gekrap, was nie lus om verby Warmbad mense te loop elke keer as ek mall toe gaan nie. Ek meen wat sal gebeur as en ‘n girl wil mall toe vat, dan loop dit weer die hele Warmabd vol. En julle ken my cup of tea as dit kom by girls. Veral Dimitri en sy groot bek. ‘n Regte loslip. Ek hou van die ou, maar hy praat te veel. En kan hy kak praat.

Maar net toe dit gebeur, toe hoor ek Anita is weer by die Warmbad tak van Capitec. Sy was altyd (of so van Julie af) by die mall se tak. Toe wou ek nie daar verby loop nie, was nie lus vir haar nie. Toe het ek by die middel deur ingegaan. Daardie deel van die mall geskiep. Nou is sy weg, so nou loop ek weer by die vêr ingang in, en stap dan deur die hele mall. So hoef ek nie verby Dimitri te stap nie.

Klink so simpel, maar is net nie lus vir mense nie, veral nie vir Warmbad mense nie. Sal Warmbad mense face as ek in Warmbad is. Nylstroom is so half my hokkie. My wêreld, weg van daai lot af. Asof ek in twee wêrelde bly. En ek hou van dit so. Eenvoudig soos dit klink.

Om terug te kom by Anita, dis nou van bo by die mall. Sou nie sê ek was nie lus vir haar nie, maar was net nie lus om teen haar vas te loop nie. Is daar ‘n verskil? Ek dink so. Was net nie reg vir haar nie. Ek moet eendag mooi skryf wat tussen ons gebeur het. Van die die dag van die verjaarsdag af, tot nou die nader dag toe sy nie my call opgetel het nie.

Miskien moet ek voor dit nog begin, oor hoe sy my vir ‘n poephol try vang het deur my naam van haar foon af te haal, en dan haar boyfriend se foto opgesit het as profile pic. Dan het sy haar settings verander na “Contacts only” toe oor wie haar profile pic mag sien. En wat my meer die poes in gemaak het, is sy het aanhou bly dink sy kom daarmee weg, en aanhou dink haar kak verskoning van sy het nie ‘n profile pic werk.

Meanwhile gee ek nie ‘n fok om wie of wat sy as profile pic gebruik nie, ek wil net nie hê sy moet dink ek is ‘n aap nie. En dit het my die moer in gemaak. En ek dink sy doen dit nou met haar status. En dit is hoekom sy my call gemis het, my nommer is nie op haar foon gesave nie, so sy het nie gesien ek het gebel nie. En wat my betref, lees ek dit as sy wil hê ek moet haar uitlos , so daarom los ek haar uit en is ek nie lus vir haar nie, of eerder nie lus om teen haar vas te loop nie, want wa

Leave a Comment