Klim op die plan wat jy weet, byt vas en kom op ses en sewentig uit. Dis nie eers nege kilogram nie. Die plan wat jy weet, is die low carb een. Doen dit, jy het al meer as twintig kilogram so verloor. Hou op met die brood so nou en dan. Hou op met cheat so elke nou en dan. Jy sien self dit kos jou party keer ‘n hele twee kilogram, as dit nie meer is nie. Dis nie regverdig nie, ek weet, maar dit is hoe dit werk.
Gaan terug op so low carb as moontlik. Minder as tien gram per dag. Kom op ses en swewentig uit. Binne twee weke as jy vasbyt.
En moenie na vyf in die middag eet nie. Probeer om nie water te drink na sewe in die aand nie. Seker dis niks carbs nie, maar dit laat water terug hou en dan weeg jy meer in die oggend.
Van weeg gepraat, moenie elke dag weeg nie. Weeg jou nou net Donderdae. Weeg jouself nou môre vir die laaste keer, en dan daarna weeg jy jouself eers Donderdag.
Doen dit en maak hierdie gemors op jou maag reg.