Nie te ‘n bad jaar gewees nie, nie te bad at all. Hy is op ‘n einde, nog so twee ure oor dan is dit die volgende jaar. Sien uit na hom, baie. Ook bly hierdie tyd van die jaar is verby, hierdie hele feestyd. Die beste deel van die jaar was die app wat ek klaar gemaak het, en op die Play Store gesit het. Voel baie trots daarop. Gee my hoop vir die toekoms. Kan dit party keer nog steeds nie glo ek kon dit doen nie.
Miskien ‘n ander deel waarop ek trots is is die gewig verloor. Het van amper honderd tot so net oor die tagtig gegaan. Bly daaroor ook.
Het ook niks gedrink die jaar nie, nie ‘n druppel nie. Tevrede.
Sien volgende jaar. Gaan nou slaap, en in 2018 opstaan.