Sê altyd, een van die koudste dinge in die lewe is tyd. Wag vir niemand, nie vir konings of mense op straat nie. Stap net aan, gee om oor niemand nie. Weer gesien vandag, 2017 is weg, twintig dae oor. Nog ‘n jaar gone. Is nog nie seker hoe die jaar was nie, sal nog besluit en iets daaroor skryf.
Snaaks genoeg , toe ek dit skryf word ek geremind daaraan dat tyd wel vir God wag. Hy het dit al laat stop, soos die storie in die Bybel, en dan die ander een wat die predikers graag gebruik om te troos, die een van ‘n duisend jaar is soos weet nie hoe lank vir Hom nie. God het niks met tyd te maak nie. Cool.
Wag nou net vir Nien Pien hulle om my te sê hulle is veilig by die huis. Het vanoggend toe ek opstaan ‘n kis gesien, so ek hoop en spreek Woord dat hulle veilig daar aankom. Hulle en Derick. Dis Hy wat daai drie hou uit die voëlvanger se wip, en hulle bewaar van die dodelike siekte. As die teenstander op daai drie aan storm soos ‘n revier, jaar die Gees van die Here hom op loop. So is die woorde….
Verder sien ek uit na volgende jaar. Moet net daai app bemark kry. Ek hoop om net darem twee te kry in Desember. As ek een kan kry wat die hele app sal vat vir die eenmalige bedrag sal ek bly wees. Ek glo dit sal gebeur. Nou net my eerste positiewe terugvoering gekry op my email, John van Red Clay Brewing wat vroeg in die nuwe jaar sal kyk daarna. Dis net die begin.
Willem bly bietjie by my. Hy sluit die SPAR hier op Nylstroom toe. Sal tot Donderdag wees, nee tot Vrydag, dan gaan hy terug. Nogal lekker met hom hier.
Of dit was gewees, maar hy is nou weg, en ek is bly om alleen te wees weer.