Versadig van geluk.

Ek sien ek het nooit iets hier geskryf nie. Dinge gaan goed, verlof is naby aan sy einde. Ek het dit baie geniet. Inteendeel, die verlof is al verby en ek is al weer af. Ja die tyd vlieg, dis verseker. Kyk hoe lank ek uitmekaar uit skryf. Voor ek my kan kry is ‘n week verby dan het ek nie geskryf nie. Alles is goed. Ek is seker daarvan. Vorder elke dag met bietjie. Veral met die kop en die seën van die Here. Ek is seker ek is naby om dit uit te figure. Een ding weet ek, as ek nie my mentaliteit gaan verander nie, gaan ek nie sukses kry nie. En dit weet ek ook, dit is net die Here wat dit kan doen. Deur iets wonderliks te doen, gaan ek my kop kan verander. Dit gaan gebeur deur woord te sê.

Ander dinge is ook goed. Die gewig vorder stadig maar mooi, hoop om Sondag op Nini se skaal onder vyf en tagtig te weeg. Kom kersfees is ek onder agt en sewentig. Dis verseker. Ek dink ek eet te min. Gister baie geëet, gesond genoeg nog steeds, en gewig verloor. Ander dae eet ek weer baie minder en verloor niks of tel op. Soos ek sê, ek dink ek eet te min, ek dink my ligaam dink ek stave, en wil dan nie carbs brand nie.

Hardloop weet ek nie of ek vorder nie, want ek kan nie bepaal of ek verder gaan of nie. Sal moet kyk of ek op die….. Wow kry ek nou ‘n idee vir my volgende app. Sal sien of daar klaar so een is, indien nie, bou ek een. Kom ek kyk sommer nou. Ja daar is so ‘n app, maar amper. Dit was om ‘n stophorlosie te bou vir hardlopers, of eerder om te begin hardloop. Een amper soos my horlosie.

My tweede idee sal opkom. Ek gaan hierdie eerste een laat werk, dis nou die Demo Order App, dan gaan ek genoeg maak om te bedank, dan gaan ek nog ‘n paar online courses doen, en daarna gaan ek nog klomp apps bou. Ek is seker daarvan. Nog baie idees.

Ek gaan nou vandag die app klaar maak, dis nou die tweede order sample opsit, dis nou die een sonder die pallets. Eers gaan ek gou die drank lisensies kry van Tops en SPAR. Ja kom ek doen dit gou en kry dit van my lyf af.

Leave a Comment