Ja op twee weke verlof. Gaan baie besig bly, maar at least nie by die werk nie. Gaan net aan die app werk en om hom te bemark. Gaan ook bietjie vir bietjie huis skoon maak, elke dag braai en elke aand stap as dit nog lig is. Tel nog net vandag op as die werk my bel. Het gister Namaqua en Heineken se samples reg gemaak, gaan dit nou net foward vir die regte mense. Hoop om hulle te kry, gaan dan ook aan Oranjerevier werk, en Moordrift ook probeer kry. Wil ook vir Shaun sy mening oor die app vra.
Teen einde November soek ek tien mense op die app van oorsee en ‘n paar locals. Dit is nie onmoontlik nie, daar sal nou voorspoed wees. Ek sal die vrug van my arbeid geniet. Ek hoef nie te veg nie, ek neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir my. Dit is seker die laaste dag dat ek die blog op die hoofblad sal hê, daarna gaan hy na ‘n sub folder en word carelventer.co.za die app se bladsy.
Die doele werk, hoekom ek dit nie elke dag skryf nie weet ek nie. Gister gesê ek wil Namaqua en Heineken klaar hê om te stuur, en ek het dit gedoen. Vandag moet die Demo Order App klaar wee, regte bewoording en kleure. Woendag, dis nou môre, ek ek hom as beta opsit en Donderdag hom launch.