Goed aan die gang.

Dinge is goed. Beter by die werk, die app is so te sê klaar, en ek bly onder negentigs weeg as dit kom by my gewig. Nie heeltemal perfek nie, maar dit vorder verseker. Laat ek begin met my God.Ek loof Hom en ek prys Hom. Ek prys Hom wat my gebring het waar ek is met die app. Ek loof Jesus Christus, wat vir my die Heilige Gees gereël het. Ek loof die Heilige Gees wat ek verseker weet bestaan. Dan vra ek myself nog baie, waar kom die Vader in, is hy ook God, of is Hy iets heeltemal anders. Ek weet net dat as Jesus Hom aan my openbaar, gaan ek dit alles weet.

Ek dink ek het dit al hier geskryf, ek wens die Vader kan, of laat ek dit eerder so stel, of nee, laat ek dit eerder hier weer vra: Vader, hoor asseblief die lofprysing in my hart. Ek kan nie met woorde genoeg beskryf wat ek van U dink nie, of hoe dankbaar ek is vir die dinge wat ek U vir my doen. Sjoe, baie dankie vir alles. Jesus baie dankie vir alles, en Heilige Gees baie dankie vir alles.

As ek moet eerlik wees oor hoe min ek eintlik van Java weet, en waar die app trek, en hoe hy lyk, kan jy nie anders om te sien dat die Here daarby betrokke was nie. Veral die Heilige Gees wat wysheid gee. Net die manier hoe ek op foute afkom, of hoe mense my andwoord as ek iets vra op forums, laat my net meer dankbaar wees, en besef ek, ek sou nie hier getrek het sonder die Here en Gees nie. Loof Hulle.

Ek is so te sê klaar met die app, ek is klaar met al die dele van die app. Alles werk nou, moet dit nou net aanmekaar sit in ‘n nuwe een. Miskien net die email wat ek moet klaar maak, sodat hy die customer naam en nommer vat in die subject. Maar wat nou eers moet gebeur is ek moet hom op die Play Store kry. Dit moet teen Sondagaand gebeur. Daarna kan ek aan die klein dingetjies werk met updates.

Net een probleem wat ek nou agter kom. Alles raak weer geclutter. Begin met my huis, nie vuil nie, maar geclutter, en dit loop oor na my mind toe. En dit raak weer ‘n probleem. Ek moet begin deur my huis weer uit te sort. Klere en dingetjies wat oral rond lê moet ek opruim. Net paar vertrekke, en die afdak buite. Net bietjie dissipline weer.

Leave a Comment