Die Demo Order App vorder mooi, baie mooi. Het hom gisteraand klaar gebou van die SAB app af. Nou nog net die kleure en die text, of bewoording. Daarna moet ek paar screenshots vat.
Sal vanaand by Carel se huis aangaan. Het toe na sy huis toe gegaan. Net so terloops, dis nou Sondag, ek gaan maar net aan waar ek laas opgehou het. Het toe nie eers by sy huis die laptop oopgemaak nie, net gechill en movies gekyk. Sommer kak hierdie dat ek na sy huis moet kyk. Toemaar, ek is een van die dae klaar. Maar tog party keer is dit lekker om net weg te kom. Baie voordele om so in daai huis te bly vir ‘n aand of twee.
Vandag moet ek die app opsit op die Play Store. Of at least opsit sodat ek kan sien hoe dit gedoen word. Net ‘n icon kry, en dan screenshots, en dan klaar maak. Ek hoop net nie dat ek van ‘n tablet ook ‘n screenshot moet vat nie, as ek moet, sal ek maar wag tot Nina-hulle die naweek kom, en dan maar haar tablet gebruik om dit te doen. Sal maar vandag gaan lees wat hulle soek.
Nogal koud vandag, ek bedoel koud vir die tyd van die jaar. Sit hier met top en sweetpakboek aan. Eintlik lekker. Het klaar buite gevee en gas braaier skoon gemaak. Gaan nou nou oplees oor hoe ek daai rump gaan maak. Dink daaraan om hom in foelie toe te draai met bietjie room en mushroom op. Miskien ‘n perper sous. Sal maar sien. Of anders gooi ek hom net so op die grill.
Anita Bakers stuur my nou Woensdag, is seker dit was Woensdag, ‘n Nando’s ete. Nogal die wind uit my seile gevat. Ek wonder of sy regtig besef wat my so kwaad of ongelukkig gehaad het daardie dag. Dit was nie oor die verjaarsdag vergeet nie, dit was oor die stoodup. In elk geval, ek weet nie wat gaan ek nou doen nie, sal maar sien hoe loop dinge, maar dat dit nie meer dieselfde gaan wees tussen ons nie, dis verseker.
Ek moet sê, ek mis haar nogal. Nogal baie, sommer net mis, ek weet nie. Sien sy het darem opgehou om my nommer te delete as sy haar boyfriend opsit as profile pic. Bly daaroor. Dink ek sal vir haar gaan kuier by die werk een van die dae, net sien hoe gaan dit. Hoop ook sy gee my haar eerlike opinie oor die app. Ek is veral onseker oor die kleure at ek gebruik. Sy kan my daarmee help.
Van die app gepraat: hy gaan werk, ek gaan einde November so 10 mense sinne hê wat ek bou, dis teen een duisend dollar per maand. Nie te praat van Heineken, Kingsleys, Moordrift en Red Bull. Glo dit.