Begin weer, gaan aan.

Ek begin vandag weer waar ek opgehou het, en ek gaan weer aan waar ek gestop het. Dis nou met die doele neerskryf, want dit werk. Het bietjie opgehou, maar darem vroeg agtergekom dat ek dit weer moet begin. Ek kink nou soos ander mense wat een ding presies weer sê net in ‘n ander sin. Begin weer waar ek opgehou het, gaan weer aan waar ek gestop het. Maar die punt is, ek moet net weer aangaan. Moenie stop met dit nie. Al wat ek die keer gaan doen is om net die doele in kleiner dele op te breek. Soos wat om volgende te doen.

By die werk raak dit bietjie erg. Die “groot retailer” is bietjie op my case. Nie dat ek my veel daaraan steur nie, maar ek is nie lus vir sy dinge nie. Ja dit is sy winkel, maar ek weet waar het ek die plek gekry, en ek weet waar was hy toe SPAR afgebrand het. Ek het nie sy “A Span” nodig om die dinge te doen nie. Maar laat hulle maar aan gaan. Nog net ‘n kort rukkie vir my. Ek is seker daarvan.

Van die “groot retailer”  gepraat, dis asof hy shit hoor by iemand, dalk sy broer of iemand, en dan hammer hy daai dingetjie wat hy gehoor het oor en oor. En dan dink hy seker hy klink slim.

Leave a Comment