Ook bietjie gescore.

Ek weet nie of jy dit score kan noem nie, maar jy kan dit seker so vat. Die winkel het mos afgebrand. Nou mag niemand by die winkel meer oortyd werk nie, en niemand by die winkel werk meer as 30 ure nie. Ek is mos by Tops. Nou gister het die groot retailer my ure af gebring na 35 toe. So ek kry nie meer oortyd nie, waar ek verloor, maar ek gaan nou net 35 ure ‘n week werk. Dit beteken, soos ek dit klaar uitgewerk het, gaan ek oopsluit en tot vier uur werk en naweek af hê, of twaalf uur tot toesluit werk, en Saterdag ook. En dit gaan so wees.

So ja ek verloor al my oortyd, maar ek werk weer normale ure. So dit gaan my kans gee om baie goed te doen. Maar dan moet ek dit gebruik, ek moet nie huis toe kom en rond sit nie, ek moet gaan stap as dit my vroeë week is, ek moet in die oggend ordentlik Bybel lees as dit my laat week is. Ek moet dit gebruik.

Ek hoop dat ek vandag die email deel van die app kan klaar kry. Dan het ek regtig ‘n groot deel klaar, en het ek ‘n klomp werk (wat ek die blue print van het) om te doen. Ek bid die Here om my te help, die Heilige Gees om my kennis te gee. Teen vanaand gaan ek dit klaar hê. Dan miskien môre bietjie poker, Vrydagaand bietjie rus, en Saterdag na werk begin ek om die demo app te bou uit dele uit van die SAB app.

Nou net gekyk, daar is baie meer plekke as Stackoverflow, ten minste vier ander plekke waar ek my vraag kan post. So, ek gaan kyk of ek dit self kan doen, dan gaan ek my vraag op daai plekke post. Elke dag dan op ‘n ander plek tot ek die andwoord kry. Maar ek is seker dit sal al vanaand klaar wees. Iets waaraan ek nou dink, ek moet net die email intent kry dat hy van die shared preferences af die email en die user account nommer trek.

Leave a Comment