Ek het nou seker drie keer agter gekom goed is nooit so erg as wat ek myself gedink het dit gaan wees nie. Saterdag was toe nie so erg nie, en gister was nie so erg nie. Die orders plaas was toe nie so erg nie. Net my kop wat op hol gaan en dinge erger maak as wat dit eintlik is. Ietsie om aan te werk. By die werk is dinge nog nie so smooth nie, nog so klein bietjie gaos, miskien nie so bad nie, maar nog bietjie deurmekaar. Kaarte werk nog nie, en die kleingeld en die cash up nog nie so smooth nie. Die rakke bou krap ook bietjie dinge deurmekaar. En net te veel ouens, al daai merchandisers.
Markus, Dawie en Willem kom draai graag in die winkel en gee komentaar. Jako is te bang ek vra hom om iets te doen so hy bly weg. Willem se draai is altyd lekker, Markus kan ek geniet, en Dawie is ook nie te bad nie. So dis eintlik lekker. Hoop om op ‘n mooi rooster saam met Dawie te werk, oop of toe sluit, en ‘n odd naweek af.