En dis wat ek doen, ek hou nie op met trek nie. Dis wat die muna by die garage vir my gesê het, morena, mens moet net nie ophou met trek nie, want as jy ophou met trek, kan jy nie bo uikom en die afdraend slaan nie.
En dis wat ek doen, ek hou nie op met trek nie. Ek gaan aan en aan. Elke dag so ‘n bietjie meer. As ek net elke dag aan die app werk, elke dag aan my doele werk, moet ek êrens uit kom. Die grootse ding is egter, as ek sien iets werk nie, moet ek nie aanhou om dit te doen nie.
Ek haat dit as my hart so kak vreet oor goed. Los dit uit, fok die lot by die werk. Almal van hulle, fok vir Anita en Sandra en almal, doen jou eie ding. Jou ding is om gewig te verloor en daai app klaar te kry. Doen dit, doen jou doele en verloor jou gewig. Hou op om jou in te dink aan situasies wat nie bestaan nie. Hou op man.