Ek het dit gesê, en ek sê dit weer, ek gaan nie opgee nie. Ek gaan die app regkry en my plan deurvoer. Ek gaan hom bou en meer as ‘n honderd mense op hom kry teen twee duisend dollar per maand. Al vat dit hoe lank. Maar dit gaan nie lank vat nie. Voor einde September is hy klaar. Klaar. Voor einde Spetember is hy op die app store, en toets ek hom al, in Oktober begin ek hom bemark en voor einde Oktober het ek vyf mense wat hom gebruik. Klaar.
Ek gaan nou my doele skryf, en dit gaan so wees. Ek gaan vandag lekker aan my app werk en dit afwissel met Bybel uit my kop uit leer, dele van Johannes. Gaan ook my wasgoed soos altyd doen, en water gaan koop. Gewone en sparkling. Ook my roast in die oond maak soos ek op die internet gesien het.
Weet nie of ek moet bly wees die winter is verby nie. Miskien omdat dit so ‘n power winter was, dat ek nie wil hê hy moet oor wees nie. Maar wat lekker van die somer is, ek kan vinniger uit my slaapklere uitkom op Sondae, en aan die werk kom. Raak al klaar aan die warmkant in my sweetpakbroek hier in die huis. So van die lekker weer gepraat, wil ook meer op die voorstoep sit van nou af. Die weer is mos lekker soos ek gesê het.