Doele

Ek het van gister af begin werk aan my doele. Jy weet om doele neer te skryf, en dit werk nogal. Het so ruk terug Woord gekry dat ek dit moet begin doen. Kom ons kyk hoe lank hou dit die keer. Ek gaan ook ‘n streak papier begin, om te kyk hoe lank kan ek aangaan met dit. Ek sal moet werk aan die vrees om eendag te bedank. Om bang te wees ek drop vir Carel. Dit kan in my onderbewussyn ‘n rede wees hoekom ek bang is om die app te bou. Ek moet nie bang wees om te bedank nie. Carel sal reg kom. Ek moet myself net motiveer deur myself te vertel dit is nie die moeite werd nie. Al die werk net vir agt duisend rand bonus aan die einde van die jaar. In elk geval, sy moer, hy voel niks vir my nie. Kyk hoe het ek daai winkel opgetel, en wat kry ek? Hy sal sien wat hy in my het die dag as ek loop.

Verder gaan goed. Het mooi na myself begin kyk. Klein dingetjies begin doen wat nie twee minute vat nie, soos om my hakke te skuur en room aan te smeer. Werk ook aan die gewig, dink die grootste ding is ek eet baie minder in die aand. Moet dit ook op my streek papier skryf.

 

Leave a Comment