Lente is hier.

Dit was eintlik al gister, maar die lente is hier. Wat ‘n treurige winter. Was nie eers een dag regtig koud gewees nie. Miskien volgende jaar. Hoop nie dis te ‘n warm somer nie. Miskien reën dit baie, ‘n lekker nat somer.

Vroeg opgestaan vandag, maar nie veel gedoen nie, net buite gesit en gerook en koffie gedrink. Wil voor Dinsdag ophou met rook. Sommer ‘n kak gewoonte, weet nie hoekom het ek weer begin het nie. Mors net geld, laat jou stink, en ek hoor dit bring die performance bietjie af, as jy weet waarvan ek praat.

Gewig is ek nou op so net oor die negentig. Hoop as ek Donderdag weeg om in die tagtigs te wees. Dan ook begin stap, dink daaraan om in die oggend te stap. As ek soos vanoggend half ses kan opstaan, kan ek loop en nog genoeg Bybel lees. Dit sal lekker werk. Die etery gaan ook nie te bad nie, was gister baie in die versoeking om carbs te eet, maar het darem deur die dag gekom sonder om te cheat. Hoop vandag is die cravings weg.

Vanaand gaan ek lekker varktjops maak in die oond. En more weer, of dalk bietjie hoender borsies. Miskien moet ek weer ‘n hoender in die weber probeer. Die een wat jy op die bier blik sit. Wou dit nog altyd probeer. Of miskien ‘n Coke hoender.

Sien vanoggend toe ek opstaan ‘n skoon id kaarjie. Nou dis ‘n lang storie, maar was ‘n great idee van my destyds in die army. My eie id kaart gemaak wat sê ek behoort aan ‘n universiteit, so was ek ook ‘n “student”. Nou wat die droom vir my sê  is ek gaan op ‘n great idee afkom. Ek weet ek gaan.

 

Leave a Comment