Môreaand gaan ek aangaan met die SAB app. Ek gaan die onderste menu opsit en kyk of ek kan terug gaan en hom die data laat onthou. As ek dit nie kan reg kry nie maak ek die app net een bladsy. As ek dit kan reg kry, wat ek gaan, maak ek die app meer as een bladsy. Dan gaan ek die ding maak wat as ek hom die eerste keer laai hy die customer nommer en my email adres vra. Daarna gaan ek die intent maak wat ek hom laat email.
As ek die twee klaar gekry het, gaan ek ‘n nuwe app bou met drie bladsye en tien produkte op elke bladsy. Op die manier wat ek dit nou gedoen het, met sy eie adapter vir elke bladsy.
Dan gaan ek die ding bemark. Ek gaan twee duisend dollar per maand vra, of vyftien duisend dollar een slag. Ek gaan eerder die eerste opsie probeer verkoop aan companies, want dan kry hulle updates en ek sit nuwe produkte op vir hulle.
Nou bly die vraag net hoe gaan ek hom bemark. Sy eie webblad sal werk. Natuurlik gaan ek hom so laai op die Playstore. As ‘n bemarkings ding.
Hierdie dinge is einde September in plek.