Ek soek iets spesiaals van dag. ‘n Teken, enigiets. Loof die Heer want hy is goed. Dis twee dae later, en ek het niks gekry nie, want ek het niks gedoen nie. En God kan my nie wys nie, as ek niks doen nie. Nee dis verkeerd, God kan my wys al doen ek niks nie, Hy kan en Hy sal en Hy wil.
Vandag sal ek verseker daai app moet tackle. Verseker. Gaan nog ‘n adapter bou, of dalk die ding omgeswaai kry dat hy met een adapter werk. En dan gaan ek die ding maak om die data te onthou as ek uit die class uit gaan. Dan moet ek maak as jy ingaan moet hy jou email en customer nommer vra, En dan laaste moet ek die intent maak om te email.
Die plan bly om hom baie klein en simpel te maak, vir ‘n company met bietjie produkte. Genoeg geld te maak om my salaris te cover, te bedank, nog online courses te doen in Java en dan die app beter te maak en die ander idees wat ek het te begin bou. Dan later ook weer PHP te tackle.
Dit is die plan, en dit gaan werk. God sal my seën, want hy het gesê Hy sal seën beveel om oor my te kom, oor my graanskure en oor alles wat ek aanpak. Ek sê weer, ek glo nie in ‘n God wat bo in die hemel sit en besluit Carel sal dit, dit en dit doen vir ‘n lewe nie. Ek glo in ‘n God wat net liefde soek en lief is vir jou. Ek glo in ‘n God wat jou sal seën as jy hard werk. God soek net ek moet Hom liefhê en my medemens ook. Hy het nie ‘n saak wat ek doen vir ‘n lewe nie. God is liefde.
Verder gaan dit goed, of bietjie beter vandag. Sondag was bietjie sleg, lui gewees. Maar nie lui uit slegtigheid nie, maar as gevolg van die confidence wat bietjie gekort het. Ek weet nie hoekom doen ek dit nie, ek het al vantevore vasgebrand met die app, toe maar net weer begin en die ding reggekry, en aan gegaan.
Maar hoekom ek elke keer ‘n week wag voor ek aangaan weet ek nie. Ek dink die gedagte dat as ek nie slaag nie, wat doen ek nou, is te oorweldigend. Maar dan hou jy net aan en aan todat jy dit reg kry.