Gaan nie weer aan oor hoe die tyd vlieg nie. Het nou maar die ou keyboard terug gesit, nou kan ek weer ê en ô en ë en so aan tik. Ek weet nie eintlik hoekom nie, maar dit is vir my belangrik om dit te kan doen. Baie.
Ek sien darem ek is nie die enigte een wat dit doen nie, daar is paar wat dit insit. Het net die ander dag op Twitter gesien iemand skryf – sê. Goed ek moet nou aan die gang kom, ek moet nou die app begin bou soos ek gesien het, dalk net eers my gunsteling fliek opsit op ‘n stokkie om op die laptop te kyk.