Ek het vandag iets groot gedoen. Ek het vir Leah haar ring gegee. Dis nie ‘n verloofring nie, dis net ‘n promise ring soos hulle dit noem. Dit beteken net dat ek haar belowe ek sal met haar gaan trou. Nie ‘n verloofring nie.
Dit stel haar maar net bietjie gerus dat ek haar nie rond fok nie. Soos om te wys sy is gevat, maar nie getroud nie. Bietjie moeilik om te verduidelik. Dis ook belangrik vir haar wat ek verstaan. Ek meen ek is maper twee maal haar ouderdom. Ek dink ek gaan met haar trou. Gee net bietjie kans.
Maar dan is daar ook nog die ander madam. Johannah Phuti. Ek weet nie wat gaan ek met haar doen nie. Ek wens ek kan altwee trou. Maar Leah sal dit nooit toelaat nie. Ek weet nie of Johannah dit sal doen nie. Hoop nie Leah lees ooit die nie. Leah as jy die lees, ek is lief vir jou.
My opsies nou. Gaan aan tot 23 Maart om tutorials te doen. Kry vir jou ‘n paar oorfone, laat Richard daai bloues van jou vat, en gaan aan met tutorials tot dan. Kry dan ook maksimum oortyd tot dsn, so twee honderd en vyftig ure, maar bietjie ordentlik pay. Dan as dit verby is, begin jy weer aan die apps te werk. Begin met Dopshop Promotions, en maak Dopshop Admin ook reg.