Dit is vandag die eerste Maart. Nou wat gaan ek alles die jaar reg kry, wat ek ookal wou, ek het nou net tien maande oor om dit te doen. Ek weet waar om te begin. Ek weet wat om te doen.
Ek moet begin deur in die oggende weer rustig te word. Laat Leah vir eers by haar plek bly. Geniet en gebruik die stilte. Begin weer jou wysheid boek gebruik. Kry die versies weer in jou kop. Iets gaan hierdie jaar gebeur. Later meer oor Leah.
God gee my vanoggend weer wysheid toe ek dit in die stilte bid, sonder Leah. Dit werk regtig, en Hy gaan my wys hoe om dinge te doen. Nes Hy my nou wys dat ek tot einde Maart net tutorials moet doen, en dan in April moet wegspring en aan die app werk. Bid Hom ‘n teken daarvoor.
Ek kan nie glo sy is so kinderlik oor die musiek in die oggend nie. En om alles te kroon ek dink dis fake. Sy dink sy moet. Want dit is die cool ding om vir jou vriende te sê. Kan jy dit glo. Sy gaan so aan oor hoe siels ongelukkig sy is oor sy nie musiek kan luister in die oggend nie. Dis haar “soul food” soos sy dit stel. Beteken ek so min vir haar dat sy nie eers drie of dalk vier oggende in ‘n week kan stilte hê nie. Wat nog as ek gaan begin keel skoonmaak oor ek alles agter haar moet optel. Dit nou daar gelaat.