Wat het alles gebeur.

Baie dinge, baie baie dinge. Weet amper nie waar om te begin nie. Kom ek begin by die keyboard wat ek mee op tik. Het hom so twee weke terug gekoop. Waar ek die geld gekry het om hom te koop sal ek eerder nie nou sê nie. Maar daardie laaste sê, dis amper die hoop rede hoekom ek hom gekoop het.

Die Ducky wat ekhet tik baie lekkerder, maar hy kan nie die ê en ô maak nie, en ek gebruik dit nogal. Ek hou ook nogal van die keypad, hy tik net syfers lekkerder. Ek hou ook mer van die Cherry keys, as van die groen keys van die Razer.

Ek is nie baie impress met hom nie, maar nie te bad nie. Hy tik nogal lekker, al wat kak is dat ek moet die software run om die liggies agter te laat beweeg. Omdat ek ‘n tipe van ‘n minimalist is, is dit te veel gevra vir my. Ek het dit af gesit. Wat ek ook nie van die ding hou nie is dat die “Shift keys” brand nie, so jy kan nie mooi sien wat aangaan nie, altans nie in die donker nie. Maar hy tik lekker. Dis virseker.

Gister het ek Overland gaan sien, of ek moes. Siegfried, die ou wat ek moes sien was toe nie daar nie. Hoekom nie, hoekom gebeur goed net nie vir my nie, wat doen ek verkeerd? Hoekom kon hy net nie maar daar gewees het nie? Trek ek dit na my toe aan, is dit God, of wat is dit? Hoe gaan ek dit verander? Ek sal iets moet doen of anders fok ek baie dinge in my toekoms op. Ek sal dit moet uitsort.

Dan net lasste die groot ding, Leah wat hier ingetrek het. Dinge baie verander. Nie gewoond aan mense om my nie, maar ek sal dit seker maar gewoond moet raak. Baie lief vir haar. Johannah spook maar nog steeds by my, sal maar sien wat ek daar gaan doen.

Leave a Comment