So vele kere dit op number ninety nine doen, toe skip ek ‘n maand. Desember niks gepost nie vir die eerste keer in jare wat die blog bestaan.
Ja maar dit was seker inevitable. Onafwendbaar om die regte woord te gebruik. Wil regtig kyk of ek nie meer kan skryf hierdie jaar nie. Baie om mee te begin.
Kom ek begin met my ou liefde. Johannah Phuti. What a disappointment she turned out to be. Absoluut geen pluk in haar nie. Of het sy dalk meer as wat ek dink.
En is daar Liah. My nuwe liefde. Beautiful woman. Like in really everything I want. Kom ek maak eerder twee aparte inskrywings van die twee. Te veel om te vertel.
Dan is daar die app. Of deesdae die apps. Nog steeds Dopshop Promotions. En dan moet ek by ‘n ander drank retailer uitkom om ‘n app aan hulle voor te lê. Of te verkoop sou ek eerder sê.
Ek sou hulle Maandag (môre) sien maar die ou met wie ek werk het dit geskuif na oor so twee weke toe. In ‘n sekere mate is ek bly. Dit gee my tyd om die ding behoorlik te doen. Iets wat hom regtig sal impress. Ek moet dit nou net doen.
Ons is weer in lockdown. Bottelstore is weer toe. Was die hele week by die huis. Paar goeie goed agter gekom. Een is ek moet besig bly. Ledigheid is die duiwel se oorkussing.