Ja dis nou die einde van Julie en ek dink amper ek het nog niks geskryf nie. So laat ek net iets vir Julie doen om die streak te hou.
Ek en Johanna Phuti loop nou beter. Ons begin mekaar bietjie bietjie kry. Gisteraand haar vir die eetste keer huis toe gevat. Baie lekker. Baie dankie Letta Poto. Het amper gisteraand net geloop. Ek moet my ophou steur aan WhatsApp gewoontes.
Eish ek wil nie eers dink aan hoe amper ek gister met haar droog gemaak het met WhatsApp. Ek gaan my WhatsApp’s met haar baie sny. Net die nodigste.
Verder gaan dit goed. Eergister verjaar. Was lekker. Merriam verjaar saam met my. Sy maak seker die hele SPAR weet dit. Geen probleem daarmee nie.
Sal nou verseker aan daai app moet begin werk. Of aan ‘n ander een wat geld kan maak. Sal moet weg kom by Tops as ek iets met Johanna wil doen. Dinge moet nou verander.
Hoekom kan ek nie die gawes van die Gees gebruik vir ander dinge nie? Ek is seker niemand sal dit hier lees nie, en as iemand dit doen is dit per ongeluk, so ek spog nie.
Die dinge wat ek gesien het is amazing. Hoekom kan ek dit nie gebruik om dinge te sien oor wat verkeerd is met my nie, of watse app ek moet bou om by Tops weg te kom nie.
Ek oefen dit net nie gereƫld nie. As ek Woord spreek vir wysheid soos ek Woord gespreek het vir profesieƫ, sal ek dinge baie gou verander.
Kan jy imagine as ek Woord spreek vir openbaring wat sal gebeur. Phew en jy het dit al geproe.