Ja dis reg. Moedeloos, verslane en verslae. Dit is hoe ek voel. Moedeloos, verslane en verslae. Dit was lank terug, toe ek nog op skool was ‘n opskrif in die Rapport toe Noort Transvaal verloor het.
Ek kan nie onthou wie nie, waar dit was of die WP of die Vrystaat wat hulle gewen het. Iets soos 26 – 9 gewees. Daai woorde bly maar altyd by my. Veral as ek so voel.
Dit gaan maar alles oor Johanna Phuti. Maar ek dink daar is hoop. Ek dink sy is net bang.