Bietjie meer as een week vandag.

Goed so die kwarentein is vandag twee dae meer as ‘n week oud. En ek is nog nie seker oor die hele ding nie. Dink nog steeds daar is iemand daaragter. Hoekom sal die pers so die verkeerde getalle gee.

Hulle gee die getalle van almal wat doodgaan met die virus, en nie net die getalle van die mense wat doodgaan as gevolg van die virus nie. Hoekom sal hulle dit wil doen? Ek weet nie, maar dinge is net nie vir my pluis nie. Kom ons los dit maar eers daar.

Net nog ‘n laaste ding. Hoekom spike die dodetal nie. Hoekom bly dit in lyn met laas jaar se sterftes? En die jaar voor dit, en is dit selfs minder as van die ander jare?

Vandag ‘n goeie ses ure spandeer aan tutorials. Twee gedoen, een oor CSS en een oor HTML. Gaan môre vir my nog een soek om te doen, dalk twee. Een ding is verseker, ek kan nie vir maande aaneen ophou om te werk aan coding nie. Ek kan dit net nie doen nie.

Was gister toe Warmbad toe. Dinge lyk oraait in die winkel. Moet nogal sê ek haal my hoed af vir knopkop te toegewydheid aan sy shop. Ek kan gerus iets daarvan leer. Sal so moet raak oor my apps en websites.

Gaan nou roomys klaar maak en dan slaap. Miskien ‘n goeie movie opsit, dalk aangaan met daai een van gisteraand. Die roomys is sleg, dit proe “vlou”, as ek dit so kan stel. Veral die vanilla.

Nog iets wat ek sal moet begin doen is om mense op die internet te begin gebruik. Nie misbruik nie, gebruik. As hulle ‘n hand van vriendskap uitstrek, vat dit. Soos die ouens wat ek nou die ander dag op Imgur gesien het. Gesels met hulle, Vra hulle advies.

Leave a Comment