Die kwarentein, of lock down is nou met twee langer gemaak, so dit is nou tot 30 April, as dit nie weer langer gemaak gaan word nie. Ek dink nie so nie. Sal seker in volgende week hoor of die reëls dieselfde gaan wees. Die regering speel maar net hulle kaarte reg.
Hulle speel maar net hulle kaarte reg om nie te erken dat hulle verkeerd was nie. Hulle kan dit mos nie doen nie. So ons kry nog twee weke in kwarentein, en dus kry ek nog twee weke om my app te bou. Of as nie app bou nie, gebruik ek dit om tutorials te doen en nog meer te leer.
Daarvan gepraat, ek moet nou my korte kies om te doen vir vandag, en dan voor ek gaan slaap vanaand, moet ek een reg hê om te doen vir more en dalk die naweek. Maar ek dink nie ek moet Sondag werk nie, moet in die gewoonte kom om te rus.
Voel ook lus om vandag te rus, aangesien dit Goeie Vrydag is. Dit is seker die mooiste vakansie dag van die jaar. Of dit nou op die regte dag val of nie, dit beteken net baie vir my. Dit doen. Jesus het op hierdie dag vir my aan die kruis gehang. Of dit nou was vir my sonde, of sodat ek die Vader kan sien.
Ek kan lank ingaan daarop, maar nie nou nie. Ek glo verseker dis nie wat die kerk ons leer nie.