Hopelik weer môre.

Ja weer uitgestel. Weer twee noodgevalle wat eers gedoen moet word. Maar die keer is dit verseker môre. Ek glo dit sommer.

Maar ek geniet die lê en lees eintlik. Ek is al amper halfpad met my tweede boek. En kyk hoeveel keer het ek iets geskryf hierso. Gewoonlik moet ek spook om net een keer per maand iets geskryf te kan kry.

Alles alles is nou geset. Bloedtoetse, longtoetse, tot klaar met die narkotiseurs gepraat. Alles is geset. Moet nou nog net gebeur. Maar ek weet dit is God wat weer alles ten goede laat weewerk vir my. Net die regte dokter.

Nou het hulle my heeltemal terug geskuif na die 23ste Maart toe. So ek moet die 22ste kom inbook weer. Ek hou by wat ek bo gesê het. Alles werk ten goede mee vir my wat God liefhet.

Bo het ontrent twee minute gebeur na ek daai geskryf het. Kom ons kyk maar gebeur. Sal nou maar vir ‘n week terug gaan werk toe. Onthou ek wil nie my verlof mors nie.

Ek dink ek moet terug gaan werk toe. Eers van Maandag af. Maar ek begin van môre af om aan my app te werk. Ek dink ek ry Vrydag huis toe. Kry my wysheid boek aan die gang.

Leave a Comment