Hopelik môre.

Hopelik word ek môre gedoen. Alles wys daarop. Alle toetse gedoen. Of amper almal. Een of ander hart ding nog oor.

So die dag was nie te lank nie. ‘n Dominee het my kom besoek vandag. Bietjie vir my gebid. Hy het afgetree en dit lyk my hy hou by sy roeping. Mag die Here vir hom nog baie goeie jare terug gee. Dit het verseker vir my iets beteken, al weet ek ek glo nie soos hy nie. Ek weet wel ons glo in dieselfde Jesus.

Verder is die kos nie te bad nie. Die susters en dokters is vriendelik en goed. Die plek is skoon. Nie so bad soos almal dink nie. Glad nie. Die dokters wat my doen lyk my ook weet wat hulle doen.

Soos tyd vlieg, so vlieg data. Bliksem ek draf deur data soos min. Elke dag ontrent drie honderd meg. En ek kyk nie eers YouTube nie. Net eergister bietjie gekyk. Toe het dit eers geloop.

Besoektyd hier. Almal het mense om hulle. Ek kon ook seker hê, maar het vir hulle gesê om eerder na die operasie te kom. Mense bid en spreek uit. Laat my aan baie dink, veral aan my Bybel lees en so aan.

As ek kan God sien soos Jesus hom gesien het, gaan ek nog steeds so die app najaag? As ek kan mense gesond maak soos Jesus kon, wat sal ek doen? Sal ek omgee oor enige iets anders as om dit die hele tyd te doen?

Laaste hopelik. Hopelik as ek weer skryf is ek klaar gedoen. Ek glo so. Ek bid die Hete dat as ek weer skryf is die operasie klaar gedoen en ‘n sukses.

Leave a Comment