Begin van die jaar.

Wel hier is ons. 2020 is aan die gang. Desember was toe nie so erg gewees nie. En is nog steeds by Tops. Maar dis nou die laaste.

Ek sien nie weer ‘n Desember in die winkel nie. Klaar, uit en gedaan. Al moet ek sonder werk sit, maar hierdie jaar het ek die guts en loop teen Oktober. Job of nie.

Ek spandeer ook nie die Kersfees saam met die familie nie. So lief soos ek vir hulle is, daai shit moet stop. Sê nie nooit weer nie, maar verseker nie 2020 nie.

Het nou klaar met knopkop gepraat en ek gaan vir die volgende twee maande geen oortyd kry nie. Dis dalk die wakeup call wat ek nodig het. Het darem Dinsdae af gekry. So dit gee my tyd of dae om mense te gaan sien.

Dink ek het mooi geloop. Paar saadjies geplant. Ek dink hy het gehoor ek gaan nie die plek operate teen die pay wat ek dit nou kry. En dat dit maklik sal wees om my te replace, maar om iemand te kry wat doen wat ek doen, dis ‘n ander ball game.

Leave a Comment