Kom ons begin met die plan, of planne. Eerste ding is die loop, of gewig verloor. Dan die vooraad in die winkel en om vir knopkop van my lyf af te kry. En laaste die doele of paar goedjies wat ek kan doen om die jaar te red.
Kom ek bring eers bietjie op hoogte. Maar wag, laat ek eers kyk wat is die storie met die load shedding. Dis na half drie en die krag moes al aan gewees het. Nee toe nie, ek kyk tyd soos my gat, die krag kom toe eers half vier aan.
Goed die krag is aan en dit is net voor sewe, die dag het gelieg. Darem die een potplant oorgeplant. Nou kan ons kyk of hy groei. Ek is seker hy sal.
Net gou die plan met knopkop en die winkel. Hoekom al die geure in die winkel aanhou. Vat byvoorbeeld Bavaria. Iets soos nege geure. De moer met dit man, hou net Regular, en nog twee aan. Selfde met Red Square Ice, hou net Blue en Purple aan, miskien Gold of Red. Hoekom al sewe aanhou. Selfde met Caribbean Twist en Hooch en daai stront.
Dan gou die plan met die gewig. Ek hoop om môre met twee weke van aktivisme te begin. Loop deur die dag, en eet net aandete, en dan is die ete onder vyf duisend kilojoules. So etenstyd loop ek vir twintig minute, dalk dertig, trek ‘n nuwe hemp aan, spuit so ietsie, en gaan terug werk toe. Al wat ek moet doen is om dit vol te hou vir twee weke, met ander woorde tot die Sondag voor Kersfees.
Vervang die roomys die eerste twee aande met Double Cream Yogurt. Dan so teen Woensdag hoort ek reg te wees. Byt dan net vas vir twee weke. Tel die dae af, jy kan dit doen.