Elke keer die selfde storie. Sien die maand is amper verby, en dan moet ek iets skryf, net om die streak aan die gang te hou. Dan begin ek maar om die entry te noem iets soos hoe die tyd loop. Soos nou.
En elke keer sukkel ek vir wie weet hoe lank waar is hierdie “Lees Meer” wat jy bo sien. Maar tog elke keer besef ek hoe die tyd loop. En elke keer moet ek dit noem. En elke keer het ek die wêrelde verskonings oor hoekom ek niks doen aan my situasie nie.
Eintlik het ek nie verskonings oor hoekom ek niks aan die situasie gedoen het nie. Ek het geen verskonings nie. Ek is net bang, of ek is nie seker wat ek moet doen nie. Ek is nie seker waarna ek moet mik nie. Ek weet wat ek soek, en ek weet dit kan gebeur, maar wat doen ke verkeerd?
Waar fok ek op? Waar mis ek dit? Ek moet meer tyd in die oggend rustig wees en sien wat wys die Gees my. Verseker nie met die baggage wat ek die naweek mee gesit het nie. Dit gaan nie help nie, ek moet kan rustig wees, nie aan kak van die werk dink nie.
Van die werk gepraat, fok daai knopkop. Wat moet ek doen as die ekonomie is sy moer in is. Waar de bliksem val hy uit om te verwag om tien persent te groei. Dit nou nog al jaar in en jaar uit. Hoop net more loop mooi, dan kan ek weer rustig wees.
My operasie kom nader. Nou net twee weke. Nog net vyf kilogram om te verloop, maar hoop om dit sommer op te stoot na tien toe. Klim sommer op ‘n heavy low carb en kilojoule dieet.